Ndola

Ndola
Straat in Ndola se stadskern.
Straat in Ndola se stadskern.
Ndola is in Zambië
Ndola
Ndola
Koördinate: 12°58′0″S 28°38′0″O / 12.96667°S 28.63333°O / -12.96667; 28.63333
LandVlag van Zambië Zambië
ProvinsieKoperstreek
Bevolking
 • Totaal774 757
TydsoneUTC+2 (SAST)
Lughawe in Ndola

Ndola is die derde grootste stad in Zambië naas Lusaka en Kitwe, wat dit eers in die laaste verbygesteek het. Dit is 'n handels- en verspreidingsentrum vir die provinsie Koperstreek, waarvan dit ook die hoofstad is. Die geskatte bevolking was 482 310 in 2009. In 1959 was die totaal 79 400, waarvan 9 200 blankes was en in 1965 85 700, waarvan 10 400 blankes was.

Die stad is sowat 40 km oos van die Kafuerivier geleë, op die hoofspoorlyn uit die suide en die aansluiting vir die spoorlyn tussen die Koperstreek en die Demokratiese Republiek van die Kongo.

'n Bestuursraad is in 1927 ingestel waarna Ndola munisipale status in 1932 verwerf, wat dit die tweede oudste munisipaliteit in die land maak.

Die staatsbeheerde dagblad die Times of Zambia word in die stad uitgegee.


Developed by StudentB